Malaysia Airlines-vlug 17

Malaysia Airlines-vlug 17
9M-MRD, die vliegtuig in 2010.
9M-MRD, die vliegtuig in 2010.
Datum 17 Julie 2014
Oorsaak Neergeskiet
Plek van ramp Oostelike Oekraïne
Sterftes 298 (almal)
Beserings 0
Vliegtuigtipe Boeing 777-200ER
Vliegtuigstertnommer 9M-MRD
Oorsprong Lughawe Schiphol, Amsterdam, Nederland
Bestemming Kuala Lumpur, Maleisië
Passasiers 283
Bemanning 15
Oorlewendes 0

Malaysia Airlines-vlug 17 (MH17/MAS17) was 'n geskeduleerde vlug van Amsterdam, Nederland na Kuala Lumpur, Maleisië. Op 17 Julie 2014 het die vliegtuig in die ooste van Oekraïne, naby die Russiese grens neergestort. Die vliegtuig is deur 'n lugafweermissiel neergeskiet.[1]

Dit was die tweede passasierstraler van Malaysia Airlines wat binne enkele maande neerstort. Die eerste een, Malaysia Airlines-vlug 370, het op 8 Maart spoorloos verdwyn onderweg van Kuala Lumpur na Beijing. Die vliegtuig het vermoedelik in die Indiese Oseaan neergestort, maar die wrak is nooit gevind nie.[2]

  1. "Malaysia Airlines flight crashes in Ukraine". cnn.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019. Besoek op 17 Julie 2014.
  2. MH370: 17 min. - Dis hoe lank niemand iets agterkom[dooie skakel], Beeld, 2 Mei 2014

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search